# ‘n Koalisie van 13 internasionale voorstanders van natuurlewebewaring bly verbind tot die bewaring van biodiversiteit en die bevordering van volhoubare ontwikkeling. Die Samewerkende Vennootskap oor Volhoubare Natuurlewebestuur steun lande en ander deelnemers om die Kunming-Montreal Wêreld-diversiteitsraamwerk in werking te stel. Die raamwerk bied ‘n wêreldstrategie om verlies aan biodiversiteit te stop en om te keer. Die koalisie sê die bewaring en volhoubare gebruik van natuurlewe dra regstreeks by tot volhoubare en inklusiewe voordele vir die mensdom en die aarde.
Wêreldnatuurlewe-koalisie vra harmoniese samewerking met die natuur vir ‘n volhoubare toekoms