# Die Gautengse Gesondheidsdepartement moedig inwoners aan om gereelde oogtoetse te ondergaan. Op Wêreld- Gloukoomdag waarsku die departement dat gloukoom ‘n leidende oorsaak van blindheid is. Die siekte ontwikkel sonder simptome wat vroeë opsporing noodsaaklik maak. Navorsing toon baie gevalle word nie gediagnoseer nie, veral in mense ouer as 35 jaar, diabete, en mense met ‘n familiegeskiedenis. Motalatale Modiba van die departement sê meer as twee-duisend gevalle is verlede jaar gediagnoseer met pasiënte wat vir behandeling verwys is:
Wêreld-Gloukoomdag: Gautengse Gesondheidsdepartement moedig inwoners aan om ooggesondheid voorkeur te gee [KLANK]
ENG ModibaOnGlaucoma