Skip to content

Weermagvakbond betwis bewering oor soldate se verblyfsomstandighede by militêre basis

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsunie sê bewerings deur die medevoorsitter van die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Verdediging, Anthony Phala, dat toestande by Fort Ikapa bevredigend was, is verkeerd. Die unie sê troepe by die militêre basis in Goodwood, Kaapstad, het probleme soos lekkende dakke, ‘n gebrek aan warm water en insekbesmettings tydens ‘n parlementêre besoek aangemeld. Pikkie Greeff van die vakbond voer aan die klagtes was korrek en is later bevestig toe soldate verskuif en herstelwerk aan die gebou begin is.