# Magalies Water het die voorkoms van waterhiasinte in die Hartbeespoortdam tot 10,48-persent verminder, ‘n groot oorwinning vir sy Waterhulpbron-bestuursplan. Magalies Water het in samewerking met die Departement van Water en Sanitasie, gevorderde strategieë, insluitend nano-borrel-tegnologie gebruik, om die indringerplant uit te wis. Die Rustenburg-gebaseerde nutsdiens sê al het die vorige dekking 25-persent oorskry, het sy span se tienpuntplan en gereelde monitering gehelp om die gehalte van rou water vir alle verbruikers te verbeter en hulpbronne te beskerm.
Waterhiasint-vlakke in Hartbeespoortdam daal tot onder 11% danksy Waterhulpbron-bestuursplan