# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die sinnelose geweld teen manne en vroue in blou is ʼn aanval op die oppergesag van die reg. Adjudantoffisier Vuyisile Sintwa en sersant Simon Masenye is Vrydag in Roodepoort, Gauteng, vermoor terwyl hulle ʼn verhoorafwagtende gevangene, Jabulani Moyo, vervoer het. In Mpumalanga is sersant Lawrence Mtshweni Saterdag vermoor toe hy op ʼn inbraak in Schoemansdal gereageer het. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia vra groter waaksaamheid:
Waarnemende minister van Polisie veroordeel sinnelose moorde op polisiebeamptes [KLANK]
ENG MogotsiOnVigilance