# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hulle het die strategie teen bendegeweld hersien. Hy het gister ʼn hoëvlak-afvaardiging van die polisie na Westbury en Reigerpark gelei. Sewe tieners is verlede maand in Westbury geskiet en twee is dood toe gewapende mans op ʼn vermeende dwelmhuis losgebrand het. Vroeër die maand is ses mense in Reigerpark in ʼn vermeende bendeverwante skietery dood. Cachalia sê die regering het fondse toegewys vir die instelling van die strategie:
Waarnemende minister van Polisie sê strategie teen bendes is hersien [KLANK]
ENG CachaliaOnStrategy