# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê ‘n aanval op politieke verteenwoordigers of ondersteuners, ongeag hul party-verbintenis, is ‘n aanval op die demokratiese regte van alle Suid-Afrikaners. Dit volg na ‘n vlaag vermeende politieke moorde tydens die afgelope naweek se kieserregistrasieveldtog. ‘n DA-tussenverkiesingskandidaat is in Kaapstad doodgeskiet, terwyl ‘n ANC-wyksraadslid in Gqeberha vermoor, en twee MK-partylede in Bekkersdal in Gauteng, doodgeskiet is. Cachalia sê politieke geweld het geen plek in ‘n grondwetlike demokrasie nie:
Waarnemende minister van Polisie bekommerd oor vlaag politieke geweld [KLANK]
ENG CachaliaOnPoliticalKillings