Skip to content

Vyf dood in ongeluk op N4-tolpad naby Belfast

# Vyf mense is dood in ’n botsing reg van voor op die N4-tolpad tussen Machadodorp en Belfast in Mpumalanga. Drie ander mense is in die ongeluk tussen ‘n sportnutsvoertuig en ‘n ligte afleweringsvoertuig beseer. Die oorledenes was passasiers in albei voertuie. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling, Jackie Macie, sê die ongeluk het slegs ure ná ’n padveiligheidsveldtog op dieselfde roete plaasgevind, waarin bestuurders aangemoedig was om versigtig op die paaie te wees.