# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die omstrede sakeman Vusimusi “Cat” Matlala borgtog geweier. Waarnemende regter Pieter du Plessis het beslis sy vrylating is nie in belang van geregtigheid nie. Matlala staan tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg oor die beweerde beplanning van ‘n sluipmoord op sy voormalige vriendin, die aktrise Tebogo Thobejane, in 2023, asook van bedrog en geldwassery. Du Plessis het saamgestem met die Landdroshof in Alexandra wat Matlala se borgtog-aansoek geweier het op grond daarvan dat hy ‘n vlugrisiko is.
Vusimuzi ‘Cat’ Matlala word borgtog geweier