# Die Hooggeregshof in Nieu-Seeland het die skuldigbevinding omgekeer van die eienaars van ‘n vulkaan wat in 2019 uitgebars en die lewens van 22 mense geëis het. Vyf-en-twintig is beseer. Die bestuursgroep Whakaari is in 2023 skuldig bevind aan versuim om besoekers veilig te hou, en met tien-miljoen-rand beboet. Hulle moes ook 50-miljoen-rand se skadevergoeding betaal. Die Hooggeregshof het nou beslis die maatskappy is bloot die eienaars van die grond en nie verantwoordelik vir mense se veiligheid nie. White-eiland, ook bekend as Whakaari, is Nieu-Seeland se aktiefste vulkaan.
Vulkaan-eienaar se skuldigbevinding oor dodelike uitbarsting uitgegooi