Skip to content

VSA tariewe van 50% tree teen Indië in werking oor Russiese olie-ooreenkomste

# Amerikaanse tariewe van 50-persent het vandag op talle Indiese produkte in werking getree, wat die bestaande tarief verdubbel. President Donald Trump will Nieu-Delhi straf vir die aankoop van Russiese olie. Indië, ‘n lid van BRICS, het die heffings gekritiseer as “onbillik, ongeregverdig en onredelik” te midde van vrese vir groot werkverliese. Trump het druk op Indië geplaas oor die energietransaksies, ‘n belangrike bron van inkomste vir Moskou se oorlog in die Oekraïne, as deel van ‘n veldtog om die konflik te beëindig. Dit gee Indië ‘n nuwe aansporing om betrekkinge met ‘n ander BRICS-lid, China, te verbeter.