Skip to content

VSA deporteer vyf geweldsmisdadigers na Eswatini

# Amerika het vyf geweldsmisdadigers van Asiatiese en Karibiese lande na ‘n buurland van Suid-Afrika, Eswatini gedeporteer. Die gedeporteerdes is burgers van Kuba, Jamaika, Laos, Viëtnam en Jemen. Die Departement van Binnelandse Veiligheid het in ‘n plasing op X geskryf hierdie misdadige onwettige vreemdelinge is so uniek barbaars dat hul tuislande weier om hulle terug te vat. Hulle is skuldig bevind aan geweldsmisdade soos kinderverkragting en moord. Die Trump administrasie verdedig deportasies na derde lande as nodig, aangesien hul lande van herkoms soms weier om hulle te aanvaar.