# Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het ‘n geval van bek-en-klouseer in die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit bevestig. Die departement sê die bron van die uitbreking is gekoppel aan ‘n voerkraal in een van die aangrensende provinsies. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op twee te staan. Die departement het die plaas onder kwarantyn geplaas, en alle plase binne ‘n radius van tien kilometer in kennis gestel en onder voorsorgkwarantyn geplaas totdat die oorsig voltooi is.
Vrystaatse Landboudepartement bevestig een geval van bek-en-klouseer in Metsimaholo