Skip to content

Vrystaatse Departement van Kleinsake open befondsingsaansporing vir spazawinkels

# Aansoeke vir die 2025/26-befondsingsaansporing van die Vrystaatse Departement van Kleinsake-ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake het geopen. Spazawinkels, informele handelaars, koöperasies, en mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings word aangemoedig om tot 21 Julie aanlyn aansoek te doen. Die aansporing sluit in ondersteuning van tot honderd-duisend-rand vir spazawinkels, 250-duisend-rand vir klein ondernemings, en een-miljoen-rand vir mediumgrootte ondernemings. Die inisiatief is daarop gemik om die ekonomie van dorpe te bevorder, werkskepping te ondersteun en die finansiële insluiting van vroue, die jeug en landelike entrepreneurs te verbeter.