# Die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Vrystaat, Ketso Makume, bied ‘n sakeontbyt aan vir die QwaQwa Tekstielgroep. Die geleentheid het ten doel om transformasie aan te vuur, belegging te lok, en toegang tot nuwe markte te kry. Belanghebbendes sal met moontlike befondsers in beide die privaat en openbare sektor skakel, terwyl tekstielvervaardigers in die industriële park amptelik aan die komitee van die tekstielgroep voorgestel sal word. Makume sê die inisiatief ondersteun die bou van ‘n veerkragtige ekonomie wat volhoubare werksgeleenthede skep.
Vrystaat bied sakeontbyt aan om tekstielsektor te versterk