Skip to content

Vrou skenk geboorte aan ander egpaar se kind ná deurmekaarspul met in vitro-bevrugting

# ‘n Bekende Australiese vrugbaarheidskliniek het om verskoning gevra nadat die verkeerde embrio ingeplant is vir ‘n vrou wat toe geboorte geskenk het aan ‘n ander paar se baba. Monash IVF bedryf meer as 100 klinieke. Die kliniek het om privaatheidsredes nie die pare se name genoem nie, en wou ook nie sê wanneer die baba gebore is of wie nou toesig het oor die kind nie. Die fout het in Queensland plaasgevind, waar die wet bepaal die geboortema en haar lewensmaat word as die kind se ouers erken.