Skip to content

Vragmotorbestuurdersforum beplan reuse-staking op KZN-roetes [KLANK]

Die All Truck Drivers Forum and Allied South Africa beplan môre groot ontwrigtings op hoofroetes, insluitend die N3 en N2 in KwaZulu-Natal, met ‘n betoging. Die versetoptrede is om die aandag te vestig oor die indiensneming van ongedokumenteerde buitelandse burgers in die vragmotorbedryf. Die sekretaris-generaal, Gugu Sokhela, het in ‘n onderhoud met SABC News bevraagteken hoe die Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings op buitelandse bestuurders van toepassing sal wees:

ENG-SokhelaOnTrucks