Skip to content

Voormalige Zambiese president Edgar Lungu in Suid-Afrika begrawe te midde van politieke vete

# Die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, sal in Suid-Afrika begrawe word ná ‘n geskil tussen sy gesin en die Zambiese regering. Lungu is vroeër hierdie maand in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal dood en die repatriasie van sy oorskot na Zambië is Donderdag gestaak. Die gesin se regsverteenwoordiger Makebi Zulu, sê Lungu se familie is gekant teen president Hakainde Hichilema se bywoning van die begrafnis, wat ooreenstem met hul wense vir ‘n privaat seremonie. Hichilema het Donderdag in ‘n televisie-toespraak die 16 dae van rou wat vroeër afgekondig is, gekanselleer. Hy sê die land kan nie onbepaald treur nie.