Skip to content

Voormalige West Ham-ster Said Benrahma beboet oor gevaarlike honde

# ‘n Voormalige West Ham-sokkerspeler, Said Benrahma, is met meer as 280-duisend-rand beboet vir die besit van gevaarlike honde wat ‘n goue apporteerhond aangeval het. Die Algerynse internasionale speler het skuldig gepleit in die “baie ontstellende” voorval in Julie 2023, waartydens sy XL-boelies ‘n goue apporteerhond gejaag en aangeval het. Benrahma het erken dat hy die honde besit het toe hy in 2023 in die ooste van Londen gewoon het. Hy het in die hof verskyn via videoskakel vanuit ‘n motor in Saoedi-Arabië, waar hy nou vir die Saoedi-Pro League-span Neom speel.