# ‘n Voormalige polisiebeampte van Montagu in die Wes-Kaap is gevonnis tot 25-jaar tronkstraf vir die verkragting van ‘n tiener in ‘n traumakamer in 2016. Die meisie was 15-jaar-oud toe haar ma haar na die polisiestasie geneem het ná ‘n woordewisseling by die huis om die polisie te vra om die kind te kalmeer. Frederick Soldaat, tans 64, het die meisie verkrag en sy het haar ma die volgende dag vertel. Die staat sê Soldaat het ‘n ruimte waar slagoffers moes veilig wees, in sy eie persoonlike misdaadtoneel omskep.
Voormalige polisieman van Montagu gevonnis tot 25-jaar vir verkragting van tiener in traumakamer