# ‘n Voormalige kleuterskoolonderwyseres van Johannesburg is skuldig bevind aan die verkragting en moord op haar kêrel se vierjarige dogtertjie. Die plaaslike Hooggeregshof het bevind Amber Lee Hughes het Nada-Jane Challita in Januarie 2023 in haar pa, Elie, se huis in Glenvista seksueel aangerand en in die bad verdrink. Hughes het na die kleuter omgesien terwyl haar pa uitstedig was nadat hulle rusie gemaak het. Hughes het onlangs haar pleit op die moordaanklag na skuldig verander, maar ontken dat sy Nada-Jane verkrag het.
Voormalige onderwyseres skuldig bevind aan verkragting en moord op kêrel se jong dogtertjie