# Voormalige senior amptenare van die staatswapenmaatskappy Denel, Daniel Mantsha en Zwelakhe Ntshepe, het in die Pretoria Gespesialiseerde Handelshof verskyn oor ‘n omstrede 1,8-miljard-rand gesamentlike onderneming met Denel Asië. Hulle word beskuldig van die onregmatige goedkeuring en oprigting van die gesamentlike onderneming, die verdraaiing van die ooreenkoms se status, en die oortreding van regeringsregulasies. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die twee is borgtog van 30-duisend-rand toegestaan en sal op 16 Mei weer in die hof verskyn:
Voormalige Denel-amptenare beskuldig van bedrog in R1.8-miljard gesamentlike onderneming [KLANK]
ENG MamothameOnOfficials