Skip to content

Voormalige burgemeester van Knysna Aubrey Tsengwa doodgeskiet

# Die voormalige burgemeester en huidige wykraadslid van Knysna, Aubrey Tsengwa, is in die Joodse Kamp-buurt doodgeskiet. Die Wes-Kaapse polisie sê die 48-jarige is in sy voertuig in Ngxalo-straat aangeval. Drie passasiers is gewond, van wie een in die hospitaal opgeneem is. Die aanvaller het weggehardloop en niemand is nog aangekeer nie. Tswenga het van Augustus 2022 tot Februarie verlede jaar as burgemeester gedien. Die polisie ondersoek die motief vir die moord.