# Die Malmesbury Streekshof in die Wes-Kaap het die gewese Springbok-afrigter Peter de Villiers vrygespreek op aanklagte van seksuele aanranding en crimen injuria. ʼn Vrou het beweer De Villiers het haar aangerand nadat hy haar verlede Januarie ná ʼn geleentheid by haar huis gaan aflaai het. Die GOOD-party het daarna De Villiers se lidmaatskap beëindig. Sy regsverteenwoordiger, Hendrik le Roux, het aan News24 gesê De Villiers fokus nou daarop om sy lewe te herbou.
Voormalige Bokafrigter Peter de Villiers vrygespreek op aanklagte van seksuele aanranding