# Die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is borgtog geweier in die Randburgse Landdroshof in Gauteng. Landdros Hleziphi Mkhasibe het gelas daar is nie voldoende redes vir sy vrylating nie. Sibiya staan tereg op aanklagte van seksuele gereedmaking van ‘n 16-jarige, die verkragting van ‘n 18-jarige vrou in ‘n Johannesburgse hotel in Mei en mensehandel. Hy bly in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria tot sy volgende verskyning op 24 November. Sibiya het verlede week uit die Polisiediens bedank ná sy inhegtenisneming.
Voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya word borgtog geweier