Skip to content

Voorlopige heffings ingestel op ingevoerde boute en skroewe van China en Maleisië

# Suid-Afrika se Internasionale Handelsadministrasiekommissie het voorlopige teenstortingsregte ingestel op sekere boute en skroewe wat uit China en Maleisië ingevoer word. Die kommissie sê sy voorlopige ondersoek het bevind dat die produkte teen stortings-pryse verkoop is, wat wesenlike skade aan vervaardigers in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie berokken. Die maatreëls sal vir ses maande van krag bly. Die heffings wissel van 64,57- tot 258,57-persent, afhangende van die produk en die land van oorsprong.