Skip to content

Vonnisoplegging in Phala Phala-diefstalsaak tot 26 November uitgestel

# Die vonnisoplegging van die persone wat skuldig bevind is aan die diefstal van tien-miljoen-rand op president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala, is tot 26 November uitgestel. Die geld is in Februarie 2020 gesteel en was in ʼn rusbank op die eiendom versteek. Die Modimolle-streekshof het Imanuwela David en ʼn gewese plaaswerker, Froliana Joseph, skuldig bevind nadat selfoonrekords hulle by die misdaad betrek het. ʼn Derde beskuldigde, Joseph se broer Ndilinasho, is vrygespreek. David hou vol hy is onskuldig. Die hof wag op ʼn verslag van korrektiewe toesig oor Joseph voor vonnisoplegging plaasvind.