# ‘n 42-jarige-man, Rudolf Coxam, is tot twee-jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is, nadat hy die vernietigende brande in November verlede jaar op Paarlberg gestig het. Hy in in Desember gearresteer vir brandstigting wat omvattende skade aan die omgewing veroorsaak en menselewens in gevaar gestel het. Die burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, Stephen Korabie, het beklemtoon dat die vonnis ‘n streng boodskap stuur teen sulke roekelose gedrag. Hy het die behoefte vir groter omgewingsverantwoordelikheid beklemtoon.
Vonnis vir man verantwoordelik vir Paarlberg-brande ‘n streng waarskuwing