Skip to content

Volvo verhoog produksie van voertuie binne die VSA na Trump se instelling van tariewe

# Swede se Volvo Cars, wat aan Geely in China behoort, sal sy produksie van voertuie binne die Verenigde State verhoog en waarskynlik ‘n bykomende model daar vervaardig, na die inwerkingstelling van tariewe deur die Amerikaanse president Donald Trump. Motors wat buite die Verenigde State vervaardig word, is van gister af, onderhewig aan ‘n 25-persent tarief, terwyl ‘n tarief op onderdele ook geleidelik in werking gestel gaan word. Volvo monteer sy EX90 elektriese model asook sy byproduk die Polestar 3, by sy aanleg naby Ridgeville in Suid-Carolina.