# Die inhandiging van Verslae oor Billike Indiensneming vir die tydperk van 2025 begin vandag. Die departement van Arbeid het spesifieke getalle oor 18 industrieë uiteengesit wat ondernemings moet vul. Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika en Sakeliga het verlede week misluk in hul poging om ‘n tussentydse bevel te bekom om die regulasies oor billike indiensneming op te skort hangende ‘n hersieningsaansoek. Ondernemings wat nie daaraan voldoen nie, kan hulself ‘n boete van tot 1,5-miljoen-rand of twee-persent van hul omset op die hals haal , terwyl hul Sertifikate vir Nakoming van Billike Indiensneming teruggetrek kan word.
Voldoening aan Billike Indiensneming van vandag af verpligtend vir maagskappye