# Die Stad Kaapstad se departement van Openbare Bemagtiging en Ontwikkeling het die Voedseltuinprojek van stapel gestuur. Die projek word saam met die Wes-Kaap se Werkersprogram vir Gemeenskapsontwikkeling aangebied om voedselsekerheid aan te pak deur duisende inwoners te voed en die gemeenskap se vaardighede op te skerp. Altesaam 150-duisend-rand is bewillig, wat tien gemeenskapsvoedseltuine in kwesbare gebiede sal help, insluitend Nyanga, Delft en Bonteheuwel. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die tuine sal tot voordeel wees van toekomstige geslagte.
Voedseltuine vir Gemeenskapsontwikkeling in Kaapstad bekendgestel