# Vodacom het Kenneth Nkosana Makate moontlik tussen 353- en 748-miljoen rand betaal in ‘n skikking oor sy “Please Call Me”-uitvinding. Die bedrag word beraam volgens die uitwerking wat die skikking op Vodacom se verwagte verdienste vir sy tussentydse finansiële jaar gehad het wat op 30 September geëindig het. Die selfoon-netwerk het gister aangekondig dat die saak ná ‘n hofstryd van 17-jaar buite die hof geskik is. Vodacom het ook gesê die vertroulike skikking is in sy tussentydse uitslae verreken wat hy Maandag moet uitreik.
Vodacom se betaling aan “Please Call Me”- uitvinder Kenneth Makate kan honderde miljoene-rand beloop