# Vodacom het buite die hof geskik in die Please Call Me-saak met sy gewese werknemer, Nkosana Makate, en ʼn 17 jaar lange regstryd beëindig. Makate het aangedring op regverdige vergoeding vir die ontwerp van die Please Call Me-diens wat volgens hom neerkom op byna 10-miljard-rand. Vodacom het hom egter voorheen sowat 47-miljoen-rand aangebied. Die ooreenkoms se bepalings is nie bekend nie en Vodacom sê dit sal in berekening gebring word in die groep se tussentydse finansiële uitslag vir die ses maande wat op 30 September 2025 geëindig het.
Vodacom en Please Call Me-skepper skik buite die hof