# Die Verenigde Nasies sê soldate en regeringsmagte is verantwoordelik vir meer ernstige oortredings teen kinders in gewapende gevegte verlede jaar as gewapende groepe buite die staat. Die VN se jaarverslag oor Kinders en Gewapende Konflik het 38-duisend-558 ernstige gevalle aangeteken, insluitend moorde en verkragtings, wat meer as 24-duisend kinders geraak het. Lande met die hoogste vlakke van vergrype sluit in, Palestina, Israel, Nigerië en Mianmar. Die VN sê wanneer state, op wie die verpligting rus om kinders te beskerm eerder tot hul lyding bydra, dui dit op ‘n verdere agteruitgang in die respek vir internasionale reg.
VN-verslag toon rekord kinderverwante vergrype in 2025, met regeringsmagte as hoofoortreders