# ‘n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies waarsku inheemse mense wat minstens 80-persent van die wêreld se bio-verskeidenheid beskerm, word steeds van wêreldoptrede teen klimaatsverandering uitgesluit. Ondanks hulle omvattende kennis van die omgewing, ontvang hulle minder as een-persent van klimaatbefondsing en word dikwels van besluitneming uitgesluit. Data toon dat groen projekte soos mynbou en ontkoling inheemse grond beskadig. Die verslag vra wyer insluiting, befondsing wat inheems gelei word en respek vir tradisionele kennis in inheemse gemeenskappe soos die Quechua in Peru en die Comcaac in Mexiko.
VN-verslag toon inheemse mense word uitgesluit van beraadslagings oor wêreld-klimaatoptrede