Skip to content

VN-konferensie oor handel en ontwikkeling sê tariefmaatreëls moet ekologies volhoubare plastiekplaasvervangers ondersteun

# Verenigde Nasies se konferensie oor handel en ontwikkeling sê hoewel plastiek regstreeks verbind word met besoedeling, verlies aan bioverskeidenheid en klimaatsverandering, is daar steeds geen omvattende internasionale verdrag om die samestelling, vervaardiging, handel en wegdoening te bestuur nie. Die jongste Wêreldhandel-bywerking toon plastiekvervaardiging het in 2023 wêreldwyd 436-miljoen metrieke ton bereik. Altesaam 75-persent van alle plastiek wat nog ooit vervaardig is, het meestal in die wêreld se oseane en ekostelsels beland. Die konferensie sê hy beywer hom vir maatreëls om ekologies-volhoubare plaasvervangers vir plastiek te ondersteun.