# Die Verenigde Nasies werk nou saam met Pakistanse owerhede om vas te stel watter invloed die onlangse oorstromings op mense gehad het, behoeftes te bepaal en probleme met die hantering van die ramp op te los. Die oorstromings in die noorde het meer as 400 lewens geëis. Die VN sê die ramp, veroorsaak deur ‘n hewige monsoon-seisoen vererger deur klimaatverandering, het sowat 1,5-miljoen mense geraak en honderde-duisende benodig humanitêre hulp. Die owerhede in die Punjab-provinsie het gister ‘n nuwe vloedwaarskuwing uitgereik en sowat 300-duisend mense het ontruim.
VN besig om uitwerking van onlangse dodelike oorstromings op mense in Pakistan te bepaal