# Die Verenigde Nasies se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, sê sterker vennootskappe en groter belegging in klimaat is nodig om vordering in globale ontwikkeling en klimaatsdoelwitte te versnel. Sy het by die P4G-beraad in Hanoi, Viëtnam, gesê teen 2030 sal 45,6-duisend-miljard-rand jaarliks vir ontwikkelende ekonomieë nodig wees om binne die teiken van 1,5-grade Celsius volgens die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te bly. Mohammed sê regeringsleiers moet die instelling van kostedoeltreffende klimaatoplossings versnel en veranderinge aanbring deur slim beleide en hervorming op alle vlakke.
VN adjunkhoof vra vennootskappe en klimaatsbefondsing vir volhoubare toekoms