# Die vierde groep soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi was, kom vandag in Suid-Afrika aan. Die derde groep van sowat 220 het gister op die Bram Fischer Lughawe in Bloemfontein aangekom. Die eerste groep van 249 soldate het Vrydag geland en die tweede groep van 257 het Sondag op die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland. Die SANW sê die gefasseerde terugkeer is deel van sy beplande onttrekking uit die gebied.
Vierde groep SANW-lede uit DRK kom vandag in Suid-Afrika aan