Skip to content

Vier nuwe gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat aangemeld

# Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vier nuwe gevalle van bek-en-klouseer bevestig. Drie van die gevalle is by Kroonstad: twee op kommersiële plase en een op gemeenskaplike weidingsgebied. Die vierde geval is op ʼn plaas naby Cornelia in die Mafube-munisipaliteit. Die departement sê beweging word beperk op alle plase binne ʼn radius van tien kilometer van die betrokke plase. Hy sê diere op die besmette plase sal eerste ingeënt word.