Skip to content

Vier dood en meer as 400-duisend moes ontruim weens ongekende reën in Japan

# Minstens vier mense is dood nadat rekord-reënval in Japan se Chiba-streek ongekende oorstromings veroorsaak het. Vyf mense is beseer en een word vermis terwyl meer as 400-duisend mense onmiddellik moes ontruim. Meer as 45-duisend wonings is sonder elektrisiteit. Japan se meteorologiese agentskap het die hoogste vlak vyf-waarskuwing uitgereik vir swaar reën en modderstortings. Chiba se goewerneur, Kumagai Toshihito, sê hulle sal voortgaan om lewens te red, skade te beperk en maatreëls vir vinnige herstel te vind.