Skip to content

VF Plus verwelkom uitspraak teen Malema, maar sê vonnis se uitstel is teleurstellend

# Die Vryheidsfront Plus het die EFF-leier Julius Malema se skuldigbevinding verwelkom. Hy sê egter die vonnisoplegging wat tot 23 Januarie 2026 uitgestel is, is teleurstellend aangesien geregtigheid vinnig moet geskied. Die Oos-Londense Landdroshof het Malema in sy vuurwapenverhoor skuldig bevind op al vyf aanklagte, maar sy medebeskuldigde en gewese lyfwag, Adriaan Snyman, is vrygespreek. Malema is skuldig bevind in die 2018-vuurwapensaak nadat daar op video gesien kan word hoe hy ʼn geweer afvuur tydens ʼn EFF-verjaardagsaamtrek in Mdantsane. Die VF Plus sê die uitspraak bewys niemand is bo die reg verhewe nie.