# Die Vryheidsfront Plus sê die saak wat daarop gemik was om as bewys te dien van ʼn diepgewortelde kultuur van rassisme by die Universiteit Stellenbosch, het geëindig met die beskuldigde wat onskuldig bevind is. Die oudstudent Theuns du Toit, wat in 2022 aangekla is nadat hy op die besittings van ʼn medestudent geürineer het, is vrygespreek. Die VF Plus se woordvoerder Wynand Boshoff, sê Du Toit kan nou aanbeweeg sonder om as veragtelike rassis gebrandmerk te word:
VF Plus sê Theuns du Toit kan nou aangaan sonder brandmerk as rassis [KLANK]
AFR BoshoffOnDuToitCase