# Die Vryheidsfront Plus sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die Artikel 89-paneel se verslag na vier jaar op hersiening te neem, is ʼn desperate poging om homself te red. Die paneel het prima facie bewyse gevind dat Ramaphosa moontlik ernstige grondwetlike oortredings begaan het wat die Phala Phala-skandaal betref. Die Konstitusionele Hof het verlede week beslis dat die Parlement onwettig opgetree het deur te stem om die verslag te verwerp. Die VF Plus sê die hele saak gaan meer daaroor om die ANC te red.
VF Plus sê Ramaphosa is desperaat om homself te red met hersiening van Phala Phala-verslag