# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die erns van plaasmoorde te erken en dringende stappe te doen om verdere aanvalle te voorkom. Die beroep volg op ‘n wrede aanval op die Noordwes-boer Donovan Marx, wat in die hospitaal vir sy lewe veg nadat hy volgens berigte gemartel en in die rug geskiet is. Die partyleier, Corné Mulder, sê plaasaanvalle word dikwels deur uiterste geweld gekenmerk en behoort deur wetstoepassingsinstansies as ‘n prioriteit behandel te word:
VF Plus hernu oproep vir strenger optrede teen plaasaanvalle [KLANK]
AFR MulderOnRenewedCall