# Die Vryheidsfront Plus sê hy is gewillig om as bemiddelaar op te tree in die voortslepende geskille wat die Landbou- en Landbouverwerkingshoofplan betref. Boere is woedend omdat die plan agter hulle rug onderteken is sonder dat enige van hulle voorleggings en bekommernisse in ag geneem is. Hulle grootste probleem is dat winsgewendheid, volhoubaarheid en waardeketting-doeltreffendheid nie sinvol aangespreek is nie. Die VF Plus-leier, Corné Mulder, sê die plan moet voorkeur gee aan die volhoubaarheid en winsgewendheid van plase en landbou-ondernemings:
VF Plus bied aan om kwessies oor Landbou- en Landbouverwerkingshoofplan te bemiddel [KLANK]
AFR MulderOnAgriculture