# Die Suid-Afrikaanse veteraanomroeper Darren Scott is oorlede. Hy het jare lank teen melanoom, ‘n aggressiewe soort velkanker, geveg. Scott het meer as vier dekades agter die mikrofoon deurgebring om Suid-Afrikaners in te lig en te vermaak. Hy het by van die land se bekendste radiostasies gewerk, insluitend Radio Bop, 5FM, Jacaranda, East Coast Radio, en uiteindelik by Hot 102.7FM beland. Hy het verlede jaar 40 jaar in radio gevier en is in die Radio Awards Hall of Fame opgeneem.
Veteraanomroeper Darren Scott is oorlede