Skip to content

Vervaardigingsproduksie daal met 0,7% in Julie [KLANK]

# Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het met 0,7-persent in Julie gedaal in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Die dalings was hoofsaaklik in die yster-, staal-, metaalprodukte- en houtbedrywe. Produksie het op ‘n maandgrondslag met 0,5-persent gedaal, maar oor die drie maande tot Julie het dit met 2,5-persent gestyg, aangedryf deur voedsel, chemikalieë en motorvoertuie. Statistieke SA se woordvoerder, Nicolai Claassen, sê vervaardigingsverkope het effens gedaal met 0,3-persent in Julie, maar het in die drie maande tydperk met 2,6-persent gegroei:

ENG ClaassenOnJulyManufacturing