Skip to content

Vervaardigers van meganiese leer wat Louvre se diewe gebruik het maak ‘n tong-in-die-kies-advertensie

# Die vervaardigers van die meganiese leer wat in die diefstal in die Louvre-museum gebruik is, het ‘n ironiese advertensie gemaak om hulle skielike roem te benut. Die dag nadat diewe met van Frankryk se kroonjuwele weggekom het, het die firma ‘n foto geplaas van die meganiese leer binne ‘n polisie-kordon met die slagspreuk “wanneer jy vinnig moet beweeg”. Uitvoerende hoof Alexander Bocker het aan Sky News gesê die meganiese leer is misbruik vir die rooftog, maar swart humor het daaruit voortgevloei. Meer as 40-duisend mense het al die Instagram-plasing goedgekeur.