Skip to content

Het Amerikaanse president Donald Trump tariewe gebruik om aandelemarkte te manipuleer?

# Verskeie Amerikaanse senatore vra ‘n ondersoek om vas te stel of president Donald Trump betrokke was by binnehandel of markmanipulering deur mense aan te moedig om aandele te koop kort voor sy dramatiese ommekeer oor globale tariewe. Die aantygings het gevolg nadat Trump ‘n paar minute na Wallstraat se opening die boodskap geplaas het: DIS TYD OM TE KOOP. ‘n Paar uur later het hy aangekondig bykomende tariewe teen talle lande word vir 90-dae opgeskort, met die uitsondering van China. Dit het ‘n geskiedkundige regstelling in die mark veroorsaak.